facebook

(ek’s bly ons stap saam, liewe vriende. die konsep was net, oorweldigend!)

1993.
harvard.
mark zuckerberg speel
mark zuckerberg lag
hulle lag
foto langs foto
nog lag.
probeer…
vroeë oggendure
dit begin…

1994.

facebook.
dit gons!
van noord tot suid, oos tot wes
almal vra
is jy op, is jy op?
kan ek jou vriend wees?
‘like’ jy?

hulle lag.

almal is vriende.
almal het baie vriende.
almal wil my vriend wees
soos een met baie geld.

fotos, mure, clips, timeline…

nóóit meer eensaam!

ken my van geboorte tot nageslag.

dit tweet en dit twitter en dit twitter en dit tweet
vergaderings word gereël
afsprake word gemaak
persoonlike boodskappe
ou kenisse word opgespoor…
haai, is dit hoe sy nou lyk?

‘kliek’ en jy’s my vriend.
‘kliek’ en jy’t nog ‘n vriend by.

roddelparadys…
vriende verdwyn met ‘n ‘kliek’
romanse begin met ‘n ‘kliek’.

eensaam.

vriende staan op teen gesag
vriende mars saam
vriende sterf.
dis donker, dis lente.

en ek?
net nog iets om te polish
ek bly weg.

en dan
een aand,
password.
login.

en skielik het ek baie vriende en almal wil vriende wees en almal soek dan nou ‘n foto
sou sweer geld is my naam
en bedelaars kan lees
hulle storm om te vra, glimlag
nader en nog nader…
mail na mail na mail
is ek dan nou ‘n celebrity omdat ek so baie ken?

maar ken ek hulle regtig?

waar was hulle toe pen en papier tyd vra
geen tweet en geen twitter
gewoon praat en vra hoe gaan dit dan nou?

stop.

sit af.

ek loop weg.

miskien môre…

mark zuckerberg,
miljoener,
celebrity,
man van die jaar
en skielik het hy baie vriende.
hulle kan geld lees!
het sy lente gekom?
is hy eensaam?
wonder ek.

n.s.

ek moet nog polish!