Sterre wat val

Amanda uit België

 

Ek vang die stertkant van die Vlaamse nuus en hoor van die ster wat val in Gent-omgewing en wonder of daar nie mense seergekry het nie…Moet nogal ‘n gesig wees om dít te sien!

Ek kan nie wag dat ons 16 jarige Wysheid tuiskom om hom die storie te vertel nie – miskien sal daar meer detail wees oor die T.V. nuus later die aand. Miskien kan ons selfs uitry en gaan kyk!

My opgewondenheid word begroet met ‘n verstomde, half verbaasde, “Aaag, Ma!!”
(Wonder wat ek nou verkeerd gesê of gedoen het …!)
“Ma, dis die flitskameras van die verkeerspolisie!”

Nouja, so raak ons bekend met die Vlaamse spreektaal deur tiener wysheid.

 

(Hierdie artikel het verskyn in die Herfs 2007-uitgawe van Ek en my Kind, kwartaalblad van die ouerleidingaksie van die SAVF.)