Vir Sus

10 September 2016

Sy sê altyd, “Ons is op hierdie aarde geplaas om te leef en leef gaan ek leef.”

Sy vra altyd, “En het jy vandag iets kreatiefs gedoen?”

Dis nou my sus. Daarom is sy die kant en pêrels in my lewe.

Sy hoor, sien, praat en gee kant en pêrels veral wanneer dinge gooiing gaan. Sy’t geleer om kant en pêrels saam met gooiing te sit en voilá, iets unieks en moois. Haar lewe was maar gooiing met tye maar kant en pêrels altyd die fokus. Dit het haar gehelp om met gooiing te loop asof dit uit die beste boetiek kom. Sommige gaap oopmond wanneer sy verbystap, ander bewonder in stilte en sommige vra.

Ek dink nie altyd kant en pêrels nie. Sy’t my geleer. Nou weet ek ook, kant en pêrels maak mooi.

Dankie sus. Mag dit kant en pêrels reën sodat jy nog meer kan weggee. Happy birthday – ons vier jou lewe. Jy is God se geskenk aan my en jou wêreld.

(Fotos geneem in Middelburg, Nederland – spesiaal vir jou.)