stilte

dinsdag 17 september sal dit ‘n jaar wees.
en dis nog steeds, ‘dit kan nie!’
ons mis haar.

stilte

deesdae se bekende stilte
is vandag ‘n donker vreemdeling
‘n ongenooide gas!
wat kom indring in elke
hoekie
draaitjie, gaatjie
vertrek
sitplek
bakkie
beker
glas
kas
tot in die tuin

ek mis die
draai van jou stoel bokant my kamerplafon
die versit van jou voete op die trappie voor jou rekenaar
die vinnige vryf van jou hande wat eindig in opgewonde klappies
die kraak op die trap wat sê jy kom
jou voetval
jou lag
jou stem
jou roep
maar bo alles
jou neurie
jou lied
jou sing
jou sing
jou altyd sing

mari, ek mis jóú!

(geplaas met toestemming van annerie)