Ma Tienie (Catherina Magrietta)
17 September 1940 – † 10 Desember 2014
“dear friends
in her darkest moments of pain during therapy, wim’s mother came to experience our Father’s presence as a sure reality. she went through it all with dignity, never complaining. mercifully, she slipped into a coma yesterday morning (wednesday, 10th) after a tremendously difficult week. around lunch time she came to rest when she returned the breath of life to her Father. wim’s father, sister and niece were with her. relief is the word, but sadness floods – we lost our mother!
the miraculous was not in physical healing but knowing Presence in the storm.
wim left last night for south africa.
the funeral will be early next week as wim’s dad will be having his birthday next week friday (19th). we pray for him.
thank you for all the kindness, love and support.
you are the Father’s presence to us.
love
wim, amanda and the family.”
stilsterk.
waggel nader
wanneer ons waggel.
paaiend harts hande dra.
ma.
Geen blink juwele vir die kleinkinders nie, geen geld in die bank vir die staat om te vat nie, geen eiendom waaroor die kinders kan baklei nie, geen fotos van wêreldreise wat familie jaloers kan maak nie. Want Ma was ma. Sy het geweet waaroor die lewe eintlik gaan – ruimte maak, koester en versorg van haar gesin en familie. Dit het nóóit oor haarself gegaan nie!
Ma was ons familie se koelteboom. By haar kon ons rustig kuier. Sy het seker gemaak almal kry dieselfde en niemand word uitgesluit nie. Gesorg dat almal bymekaar bly. Wanneer ons gelukkig was, was sy gelukkig.
As mens wou weet wat aangaan in die familie, bel net vir Ma. Sy’t geweet wie se kinders doen wat, wie verjaar, wat het gebeur, wie bly nou waar en doen wat. Sy het bygehou met al die verjaarsdae met kaartjies en geskenkies, maar later het dit net te veel geword. Toe het sy boodskappies ‘gesms’ en ‘gewhatsapp’. Ouma was nie dom nie! Sy’t so gespeel en probeer dat Stiaan op ‘n stadium kopskuddend, verbaas gevra het, “Jinne, Ouma, hoe’t Ouma dit reggekry?” Sy’t net gelag. Ek sweer as sy nie siek geword het nie, sou sy nog ‘gesurf’ het op die ‘web’, ‘gefacebook’ en ‘getweet’ het!
“Haai Wimpie,” het sy altyd hand-voor-die-mond gesê oor die stout grappies en dan het die lyf geskommel soos sy lekker van diep binne gelag het.
Van al die vroeëre dorp- en koöperasiestories weet ek nie veel nie. Maar van wat ek gehoor het, het sy opgepak, ingepak, kinders versorg, uitgepak, skoongemaak, ingepak, uitgepak, grootgemaak, pakgegee, kosgegee, ingepak, uitgepak, raad gegee, tuin gemaak, blomme geplant en saam met Pa geboer aan sy drome.
Ek het haar leer ken in die wit en blou plaashuis teen die Limpopo. As mens ingedraai het by die hek, het haar wye groen grasperk op die groot werf jou verwelkom. Haar tuine was altyd gesond-mooi en daarom het die koedoes ook gereeld kom kuier. Met min was sy gasvry en is almal gul ontvang; gesmul aan haar veerbeskuite, vetkoek en maalvleis, melkkos en Sondag-kookkos. Kersfees was dit souttonge met slaaie. Die yskastert het altyd gewag op Wim wanneer ons gaan kuier het. Ek en sy het ook saamgesweer dat as die ander aansit vir die heerlike, stinkende afval, sal ek en sy ‘n potjie maalvleis eet. Wanneer ons almal bymekaar was, is die erdeskottel afgehaal en het sy die meel en suurdeeg geknie vir die vetkoeke met maalvleis. Al het ek hóé gekyk en afgekyk en opgeskryf, het my vetkoeke nooit soos hare gekom óf gesmaak nie. Later moes ons help knie want die krag in die arms het minder geword en nóg later moes ons help bak, want die staan voor die oliepot was net te lank.
Naaldwerkdiploma het sy nie gehad nie. Maar ons dra haar gebreide wolserpe hier in die koue. Hangers het sy oorgetrek en spoegdoeke omgehekel vir die agter-kleinkinders.
Haar droom was om verpleegster te word. Sorg vir ander was ‘n gawe wat oorheers het. Om Basie te versorg het tot aan die einde van sy lewe, was vir haar ‘n voorreg en vervulling van dié droom, dink ek. Liefdevol het sy dit gedoen ten spyte daarvan dat sy toe reeds begin siek word het.
Haar eie siekte en behandeling het sy met waardigheid deurstaan tot die einde toe. Die wonderwerk waarvoor ons vertrou het, het nie gekom soos ons dit wou hê nie. Die wonderwerk was haar ontdekking van haar Vader se alomteenwoordigheid te midde van haar pyn en stryd.
“Ma, hoekom huil jy so?” vra Stiaan Woensdagmiddag.
“Omdat sy langer deel van my lewe was as wat ek jou het, my kind.”
My ma. Ons ma.
Sy was lief vir die natuur en sy inwoners. Sy en Pa het baie die ou bakkie gevat en gaan ry teen die lyndraad af of tussen die lande teen sononder. Ons onthou ook die aande se sit op die groot stoep van die huis teen die Limpopo met die nag se geluide as geselskap en al die wandelings met die honde in die droeë rivierbedding. En wanneer die rivier afgekom het as dit hoër op gereën het, was sy saam met Pa daar om te gaan kyk. Haar Madeliefies wat sy op die werf gesaai het, het altyd die koppies son toe gedraai. Sy’t ons lewens mooi gemaak en vandag draai Ma ons, rigting Son, want Hy maak die lewe mooi soos sy ontdek het.